Die Pretoria Mannekoor    |    The Pretoria Male Choir

Pretoria Mannekoor

Geskiedenis    |    Koorlede    |    Kontak

Geskiedenis

Die koor is in 1995 gestig deur Hennie Mentz as voorsitter, Salome Hendriks as dirigent en Marina Mentz as begeleidster. Vanaf 2001 tot 2007 het Margie Spaumer, vorige dirigent van die SAP Mannekoor (1986 - 1992), as dirigent opgetree. Vanaf 2008 neem Marina Mentz die leisels oor as dirigent (2008 tot op hede) met Jaco Prinsloo en Stephan Gericke (2008 tot 2017) en Kobus Groenewald (2018 tot op hede). In 2018 tree Hennie Mentz uit, en work Paul Marden verkies as nuwe voorsitter.

Die koor is daarop ingestel om die vreugde van koorsang uit te dra en ons spits ons toe op liedere spesiaal gekomponeer vir mannekore asook verwerkings vir mannekoor. Die koor het reeds in sy eerste "nuwe jaar" 'n paar hoogtepunte beleef o.a. konserte in Pretoria, Lichtenburg en Amersfoort, saam met Eddie Davey en sy Musica Festiva span. In sy kort bestaan het die koor aan verskeie mannekoorfeeste deelgeneem en saam met soliste soos Rudi Neitz, Daniël Verster, Rocco de Villiers, Hannetjie van Zuydam, Mimi Coertze, Heinz Winckler,  Nadine en Jannie Moolman opgetree. Die koor tree ook gereeld op uitnodiging by aftree-oorde en tydens eredienste in kerke op. Kerk optredes word in oorleg met die betrokke predikant beplan sodat dit 'n integrale deel van die liturgie vorm.

Die koor het reeds 4 CD's uitgereik met 'n verskeidenheid werke op van Schubert, Chris Lamprecht en vele meer.

In die afgelope paar jaar het die koor opgetree in Pretoria, Alberton, Boksburg, Brakpan, Bronkhorstspruit, Groblersdal, Hartbeesfontein, Emalahleni (Witbank), Kemptonpark, Oudtshoorn, Rustenburg, Sun City en Wes-Rand. Daar is gereelde deelname aan koorfeeste o.a. onder leiding van Bennie Bierman en Richard Cock. Daar was ook heelwat optredes by aftree-oorde, kerkfeeste en herdenkings sowel as reünies.

In 2018 behaal die Pretoria Mannekoor twee Prestige Sertifikate by die Allegretto Eisteddfod en lewer verspeie items by die Gala Aand in Emalahleni waar hulle 'n trofee ontvang vir die mees veelsydigste koor.
In 2013 het die koor deelgeneem aan die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn.
In 2012 het die koor deelgeneem aan 'n opera uitvoering van Faust van Gounod aangebied in die Brooklyn teater in Pretoria.

Die koor ontvang talle uitnodigings om ook op die platteland op te tree en poog om soveel as moontlik van hierdie uitnodigings te aanvaar en sodoende ook die vreugde van koormusiek buite die grense van Pretoria uit te dra.

Vir die nuutste uitvoerings, besoek gerus ons Facebook blad.         

Kalender

Koorlede

Die lede van die Pretoria Mannekoor in 2018, volgens stemgroep is:

Dirigent Begeleier
Marina Mentz Stephan Gerecke
Tenoor I Tenoor II Bas I Bas II
Johan Coertzen Christo Du Plessis Craig Jacoby Hennie Greyvenstein
Hannes de Wet (Tesourier) Strubel Hofmeyer Elbert Loubser Richard Hudson
Francois Fourie Otto Nel* Paul Mardon Jack Loggenberg*
Gerhard Olivier* Nico Swartz Kobie Strydom Erik Siebrand
Ebert Pansegrouw Vermaak Theo Hennie van Heerden Gert Venter
Theo van Zijl
Imre Viljoen*

* Stemleier

Kontak Inligting:

Begeleier: Marina Mentz
083 432 8875

Voorsitter: Paul Marden
082 560 4656

CD verkope: Otto Nel
083 556 7623
Posbus 12956,
Clubview,
0014