Die Pretoria Mannekoor | The Pretoria Male ChoirGeskiedenis | Koorlede | Kontak Die Pretoria Mannekoor vier vanjaar ons 25st bestaansjaar Ongelukkig kan ons julle nie hierdie jaar al uitnooi na ons partytjie nie, maar ons sien wel uit daarna om gehore D.V. in 2021 weer met ons klanke te bekoor. Ons beplan groot dinge vir 2021 en wil die vreugde van mannekoor musiek so wyd as moontlik versprei (sodra die virussie ons toelaat). Kontak gerus vir Annelie om jou optrede vir volgende jaar vroegtydig te bespreek om teleurstelling te voorkom. Kyk hier na ons Namakwaland musiek video spesiaal vir hierdie Covid-19 tydperk Geskiedenis Die koor is in 1995 gestig deur Hennie Mentz as voorsitter, Salome Hendriks as dirigent en Marina Mentz as begeleidster. Vanaf 2001 tot 2007 het Margie Spaumer, vorige dirigent van die SAP Mannekoor (1986 - 1992), as dirigent opgetree. Vanaf 2008 neem Marina Mentz die leisels oor as dirigent (2008 tot op hede) met Jaco Prinsloo en Stephan Gericke (2008 tot 2017), Kobus Groenewald (2018), Chanie Jonker (2019) en Jannie le Roux (2019 tot op hede). In 2018 tree Hennie Mentz uit as voorsitter, en word deur Paul Marden en daarna deur Imre Viljoen opgevolg. Die koor is daarop ingestel om die vreugde van koorsang uit te dra en ons spits ons toe op liedere spesiaal gekomponeer vir mannekore asook verwerkings vir mannekoor. Die koor het reeds in sy eerste "nuwe jaar" 'n paar hoogtepunte beleef o.a. konserte in Pretoria, Lichtenburg en Amersfoort, saam met Eddie Davey en sy Musica Festiva span. In sy kort bestaan het die koor aan verskeie mannekoorfeeste deelgeneem en saam met soliste soos Rudi Neitz, Daniël Verster, Rocco de Villiers, Hannetjie van Zuydam, Mimi Coertze, Heinz Winckler, Nadine en Jannie Moolman opgetree. Die koor tree ook gereeld op uitnodiging by aftree-oorde en tydens eredienste in kerke op. Kerk optredes word in oorleg met die betrokke predikant beplan sodat dit 'n integrale deel van die liturgie vorm. Die koor het reeds 4 CD's uitgereik met 'n verskeidenheid werke op van Schubert, Chris Lamprecht en vele meer. In die afgelope paar jaar het die koor opgetree in Pretoria, Alberton, Boksburg, Brakpan, Bronkhorstspruit, Groblersdal, Hartbeesfontein, Emalahleni (Witbank), Kemptonpark, Oudtshoorn, Rustenburg, Sun City en Wes-Rand. Daar is gereelde deelname aan koorfeeste o.a. onder leiding van Bennie Bierman en Richard Cock. Daar was ook heelwat optredes by aftree-oorde, kerkfeeste en herdenkings sowel as reünies. In 2019 bied die Pretoria Mannekoor "Songs of Joy" aan saam met Richard Cock en 6 ander mannekore.
Die koor ontvang talle uitnodigings om ook op die platteland op te tree en poog om soveel as moontlik van hierdie uitnodigings te aanvaar en sodoende ook die vreugde van koormusiek buite die grense van Pretoria uit te dra. Vir die nuutste uitvoerings, besoek gerus ons Facebook blad. Die lede van die Pretoria Mannekoor in 2020, volgens stemgroep is:
* Stemleier
|